Wim Wenders | |
Wenders in 2008
| |
Geboortenaam | Ernst Wilhelm Wenders |
---|---|
Geboorte | 14 Augustus 1945 Düsseldorf |
Nasionaliteit | Duitsland |
Beroep(e) | Filmmaker |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Ernst Wilhelm (Wim) Wenders (Düsseldorf, 14 Augustus 1945) is 'n Duitse rolprentregisseur en maker van dokumentêre prente. Hy word as een van die belangrikste regisseurs van die Duitse na-oorlogse outeursfilm beskou, wat vanaf die einde van die sestigerjare opslae in die internasionale teater gemaak het. Hy is sedert 1996 die president van die Europese Film Akademie in Berlyn.